Uit die Breyten Breytenbach-heid

Uit sy gedigte het Afrikaans grys geword 

Uit sy sin het Afrikanerdom ‘n nuwe reis gevat 

Uit die opbruis het groente vleis geword

Uit sy gesprekke het Suid-Afrikanerheid in biblioteke gebrou

Hy was ‘n growwe sout wat die biltong wat Suid-Afrika is, sagter gemaak het

Hy kon sonder toesteming die regte kant van Mandela besoek 

Omdat hy Breyten was, kon hy ‘n inter-rasse digter word

Hy het nie muskiete gejag nie, 

Muskiete het hom gejag

Pardoef! Ek kon jou nie kry nie

Het rassisme van hom gesê 

Hy was net ‘n Breyten met ‘n Bach 

Hy is by sy Vader omdat hy gesterf het

Sy liggaam loop nou ‘n nuwe pad

Sy gees is steeds met ons

Maar Breyten se graf is op ons skouers 

Hy gaan nou daagliks met letterkundiges in biblioteke gesels.

Net dié wat sy gedigte gaan lees kan sê: “Môre ou Grote”

Vir dié wat nie gaan lees nie, is dit ‘n groot gemis

Ja, hy is weg, maar nog naby

‘n Literêre arend het weggevlieg 

Net sy Vader weet hoe vêr van ons, die miere, hy is

Mooi loop, ou Grote

Jammer, slegs die liefhebbers van die taal weet wie jy rêrig is

Slaap sag, dit moet heerlik wees

Deur Dr FM Lucky MATHEBULA , 2024


Uit sy Breyten Breytenbach-heid, ons salueer saam sy nagedagtenis.

Die is namens “ons die mense” wat uit die blou van onse hemel skyn. 

Hosi Katekisa, Nkosi Sikelela, Morena Boloka, 

By Voorbat,